Geagte Covid 19,

Op 23 Maart 2020, het jy vir SA 'n inperking tydperk ingestel, terwyl derduisende mense in ander lande reeds dit moes toepas, was dit nou ons beurt. Op dieselfde dag, het 'n bruidspaar hul beloftes aanmekaar beloof, by 'n klein venue genaamd De Vette Mossel, in die hartjie van Grootbrak Rivier, net diskant Mosselbaai. 'n Dag gevul met vreugde, emosie en liefde, tenspyte van die rowwe distansie tydperk, tenspyte van die reëlings wat aangepas moes word, tenspyte van die nuus wat die wêreld vol hardloop en vrees opjaag. Liefde het geen perking nie.

Met 'n mooi seremonie, die "I do's" die soene, die gelukwense, die gebede, koeksny en toé die lekker fotos. Die lag en die oomblike, wat elke bruidspaar so voor wens, die herinneringe wat hierna verewig na gekyk gaan word. Vir 'n oomblik het "Covid-19" stilgestaan. Vir 'n oomblik was daar niks bekommernisse oor siekraak, of wat in die wêreld aangaan nie. Dit was net ons, die see en die oomblike, die liefde en die uit die maag lag, kliphard, lekker lag. Om 18h30 word die bruidspaar verwelkom as Mnr & Mev Erasmus, met 'n mooi inloop dans het hulle elkeen vasgevang in die oomblik. Soos gewoonweg verloop die ritueel, die praatjies, die dankies, die "cheers", en die heerlike kos volg daarop.

Om 21h00, terwyl elkeen gesellig verkeer, verkondig iemand, dis nou so, die inperking typerk is finaal. Op 26 Maart 2020 om 12 sal dit inwerking tree. 'n Tyd waar die hele land tot stilstand sal kom. Miskien 'n tyd wat so broodnodig is? Vrees en bekommernis was die laaste ding op my gedagtes. Ja, die virus is besonders krities. Dis dodelik! Soveel mense wat beinvloed word daardeur, soveel mense wat reeds hul geliefdes moes groet :( ek kan my net indink. En hier sit ons, by 'n liefdesverhaal se realiteit, 'n ewigheid wat wag, in 'n tydelike pandemie. Praat van 'n bittersoet oomblik.

Die mooi troue het steeds uitgewerk soos dit moes. Net soos hierdie hele wêreld storie ook gaan uitwerk soos dit moet. Dis nie asof God nie voorbereid was hiervoor nie. Dis nie asof Hy nie geweet het dit gaan kom nie. Het jy al ooit gedink dat dit miskien nodig was om die wêreld tot stilstand te bring? Dat dit die een geleentheid is waar God met elkeen GELYK kan praat? Al ooit gewonder dat dit nie miskien tyd is om jou lewe te bevraagteken en regtig te kyk waar jy staan met Hom nie? Alles wat die Bybel vir ons sê om nie te doen nie, dit doen ons. En die wêreld hou net aan en aan en aan, wanneer gaan ons luister en besef ons is niks sonder Hom nie? As ons net kan besef ons het Hom so broodnodig.

So, liewe Covid-19. Dankie. Dankie vir 'n tyd om ons lewe om te draai, om ons siel, emosies en gesondheid om te swaai. Om seker te maak ons bly gesond, om seker te maak dat wanneer ons hieruit loop ons sal uitloop met die wete dat daar 'n groot plan is vir elkeen, 'n doel wat bereik moet word. Dat God steeds inbeheer is. Dat HY voorsien en dat alles wat ons het te danke is AAN HOM. Dat ons so bevoorreg is om asem te kan haal. Jy is miskien groot in mense se oë, maar vir God is jy maar net 'n stepping stone tot wat HY voor beplan met jou. "Heal me, O Lord, and I shall be healed; Save me, and I shall be saved, For You are my praise.." -Jeremiah 17:14 NKJV

THIS TOO SHALL PASS.

Hou kop daar waar jy jouself bevind. Hou fokus, en spandeer tyd om jouself op die regte plek te kry. Sien hierdie tyd as 'n geleentheid om weer te probeer. Weer te begin. Hierdie is nie die einde nie. Dis die begin!