So. Hello weer,
Ek dag ek deel so bietjie meer van wie ek is en 'n paar "awkward" situasies wat al gebeur het hierdie afgelope paar jaar in my fotografie verhaal.
Een van die mees gewildste vrae wat ek kry is, in watter graad is jy nou Adelé? Of is jy nog op Universiteit..? ... Dan's ek van nee tannie/persoon, ek is 28. Baie dankie vir die kompliment dat jy dink ek's so jonk...Dan dadelik is hulle van ooh my genade, askies, is jy dan getroud? Verloof? Of hoe lank is jy al getroud...? Dan's ek van. Ha ha, nee. Ook nie getroud nie tannie. Nog nie verloof nie, dit kan eers wag...Sy grinnik en verander die onderwerp. Die trou vrae, wat altyd opmekaar volg.
Ek kan soms baie skaam voorkom (seker maar omdat ek is), ek's nie lief vir groot crowds en aandag op my nie...Dan vra iemand maar hoekom op hierdie aarde doen jy fotografie? Seker maar omdat ek nie regtig veel hoef te sê nie?! Grappie, Fotografie het my actually uit my boksie laat klim, my gehelp om meer selfvertroue te kry. Dit leer jou baie meer dinge as wat jy dink, en maak jou baie vinnig sterker ook, veral om sekere goed te hanteer. Maar die belangrikste is, ek LOVE liefde. Ek love mense se stories en die diepte aan hul stories. Ek LOVE verhale waar jy alles net kan inneem, jy staan en kyk hoe lief hierdie twee mense mekaar het, maar soos die regte intense diep liefde. As dit kom by portraits, ek dink dis my heel favorite. Jy kry die geleentheid om 'n persoon af te neem en hulle te wys hoe mooi hulle is, want soveel maal dink hulle hulle is nie regtig mooi of iets nie. Soveel vroue veral wat selfbewus voel, dan neem jy hulle af en jy sien hoe daar weer 'n verandering in hul gemoed draai. Dis lekker om te beleef. Ek wens elke vrou/persoon kan besef dat hulle mooi is.
Daar's telkemale kere wat ek kliënte ontmoet het, met iets wat in my tande vassit. Dan na die tyd kyk jy in die spieël en vra jouself WAS DIT NOG HEELTYD DAAR?! ....Like really? .....Jip. Dit gebeur.
Ek was by 'n troue waar 'n tweejarige seuntjie verdrink het...maar weer aan die lewe gekom het. Dit was insane, hartseer, skokkend en alles gemeng. Ook een van die mooiste paartjies wat ek nog kon leerken het. Hulle is besonderse mense. Dit sal veraltyd by my bly.
Bruidsmeisies is soms "anders", en hiermee bedoel ek, nie almal van hulle gun die bruid geluk op die dag nie, EISH. Ek moes beleef hoe daar 'n huge fight losbreek tussen die klompie, my hart het gebreek vir die bruidjie. Maar haar dag was nogsteeds spesiaal en alles het goed uitgedraai!
Na 'n 5 jaar Graad, net voor ek my kwalifikasie kon kry, het ons uitgevind my kollege was 'n scam...vir 5 jaar lank. So ek het die kennis, maar nie die papiere nie. Whoohooo. EN ek studeer weer. Hierdie keer weet ons verseker hierdie mense bestaan. Ek stuudeer Binnehuise versiering!!
Ek is die middelkind van drie (ek het twee broers). En ek het n kat. 'n GROOT wit & gemmer kat. Ek het hom liewer as my broers., Just kidding.
Ek sal jou wen in skaak (meskien), hokkie is my gunsteling sport, ek sal jou daarin ook wen (meskien), ek's nie SO kompeterend nie, maar ek is nogal.
The Choice is my favorite fliek - seker maar omdat ek so diep en sentimenteel is, Jy weet die keuses wat mens moet maak. Keuses oor lewe, die regte keuses oor , wel, alles.
My gunsteling tyd is saam met God. Hy was en is die Pa toe ek nie regtig myne kon leerken het nie. Ek het Hom liewer as enigeiemand en enigeiets wat ooit sal kan bestaan.
Ek het nie 'n middelnaam nie, maar die een naam wat ek het sal amper elke tweede mens wat ek teekom, dit anderste uitspreek. Dan los ek dit maar net ek go with the flow. Dan later sal hulle agterkom, en vra maar hoekom sê ek nie iets nie - because this is way too interesting and funny to correct.
Nou ja toe. Ek deel binnekort meer!
Tot wedersiens, Goodbye.